Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
MÉÉR AS gangbaar • Kleur en kreatiwiteit neem dié gange van vervelig na fantasties.
Kreatiewe bewaring • ’n Victoriaanse huis in Kaapstad se historiese kenmerke word belig deur ’n gesofistikeerde opknapping.
Ontwerp VIR OOP EN TOE LEEFRUIMTES • Die dekor- en meubel-doyenne Sue McCoubrey nooi ons na haar gesinshuis.
Kleur & kuns LEEF BALDADIG SAAM • ’n Mens moet behoorlik verlief wees op ’n huis om jou leefstyl drasties te verander sodat jy daar kan gaan woon.
Leefareas • Omskep jou leefarea tot die beste multifunksionele plek vir kuier en ontspan.
Vra die kenners • Het jy hulp nodig met die ontwerp van ’n fokusmuur of die ideale beligting vir jou huis? Vra net – ons kry die antwoorde.
Tuindagboek
BLOKRAAI #184
Tuinkopies
Dieremaniere • Te oulik vir woorde!
SÓ LYK ’n bekroonde ONTWERP • Dié wen-tuin met meestal inheemse plante tiek al die boksies vir sy eienaars én voldoen aan die landgoed se streng voorskrifte.
Hard en sag in harmonie • Elke seisoen is mooi in dié tuin waar klip struktuur en plante sagtheid gee.
’n Fees van beesvleis • Hier’s slim planne met maalvleis en beessnitte wat bekend is dat hulle taai kan wees. Maak gerus ons ragù van beesskenkel (dis een keer se maak vir twee keer se eet!), doeksagte “minute-” steaks, gebakte koftas en klapper-dikribsteaks met jou eie roti’s.
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Van Preppers en katoeters • Daar’s niks nuuts onder die son nie, sê die Boek van Prediker. Almiskie, skryf Karin Brynard, tensy jy verkeerdtrap op die internet.